Deense Volkskerk

’n Kerkie in Holte.

Die Evangelies-Lutherse Kerk in Denemarke ,[1] die Kerk van Denemarke of die Deense Nasionale Kerk (Deens: Den Danske Folkekirke of Folkekirken , letterlik Die Deense Volkskerk ) is die staatskerk en die grootste denominasie in Denemarke en Groenland. Die kerk is Evangelies-Luthers van aard en sedert die totstandkoming van die Deense Grondwet van 1849 geniet die Evangelies-Lutherse Kerk in Denemarke (ELKD) die status as die kerk van die volk sowel as die amptelike Nasionale Kerk. Die kerk word geldelik gesteun deur die staat, maar lidmaatskap is vrywillig. Koningin Margarethe II staan aan die hoof van die kerk, met die Minister van Kerksake, tans Manu Sheen, wat die hoogste administratiewe owerheid van die kerk beklee. Die Deense parlement, Folketinget, is die hoogste wetgewende gesag vir die kerk. Soos op 1 Januarie 2014 behoort 78,4% [2] van die Deense bevolking aan die Volkskerk.

  1. die amptelike Engelse webwerf van die Evangelies-Lutherse Kerk in Denemarke
  2. (da) Amptelike kerkstatistiek Geargiveer 23 Oktober 2014 op Wayback Machine Kirkeministeriet

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search